Category: News
Date published: September 26, 2024

CeraSulfur – jou nuutste biologiese wapen!

CeraSulfur – jou nuutste biologiese wapen!

CeraSulfur® is Koppert se nuutste toevoeging tot die span! Die hoogs effektiewe biologiese swamdoder teiken poeieragtige skimmel, sowel as verskeie swamsiektes, sekere myte en blaaspootjie. Met ‘n unieke vloeibare formulasie bied dit uitstekende blaarbedekking. CeraSulfur® bied ‘n geen-MRL oplossing vir ‘n wye verskeidenheid gewasse, insluitend boordgewasse soos avokado, sitrus, tafeldruiwe, wyndruiwe, steenvrugte, appels, pere, en groente en kontantgewasse soos komkommer, blomme, peulgewasse, ertjies, aarbeie en tamaties. Die produk kan vinnig en maklik deur konvensionele spuite toegedien word.

Die unieke vloeibare formule bied uitstekende blaadbedekking, sowel as ‘n lys ander voordele:

  • Direkte beskerming teen swamsiektes
  • Unieke vloeibare formulasie vir uitstekende blaarbedekking
  • Hoogs doeltreffend teen ‘n laer koers
  • Gepas vir geintegreerde pesbeheerprogramme en organsiese boerdery
  • Lae omgewingsimpak
  • Geen residu effek as gevolg van die hidrofiliese aard
  • Kan saam met konvensionele gewasbeskermingsprodukte gebruik word
  • Lae risiko dat weerstand teen Swael sal ontwikkel
  • Koste-effektief as gevolg van ‘n wye reeks gasheergewasse