Category: News
Date published: September 26, 2024

Koppert, trotse nuwe eienaars van Vitalbugs

Koppert, trotse nuwe eienaars van Vital Bugs

In die 1970’s het Frank Honiball ‘n besonderse impak gemaak op die pesbeheerlandskap in sitrus toe hy begin saamwerk het met Letaba Landgoed in Limpopo. Kort daarna het hy en Dr. Stephan Kamburov ‘n unieke strategie ontwikkel om die weerstandigheid van die geharde pes Rooidopluis (Aonidiella aurantia) aan te spreek. Hierdie strategie het die bekendstelling van die parasitiese wespe Aphytis lingnanensis ingesluit en uiteindelik gelei tot die stigting van Vitalbugs, later onder leiding van Frank se seun, Stephan Honiball. Vir meer as 30 jaar het Vitalbugs ‘n groot impak gehad op biologiesebeheer in Suid-Afrika met hul toegewydheid om omgewingsvriendelike geintegreerde pesbeheer (IPM) oplossings te bied deur hul uitstekende teelfasiliteite vir insekte.

‘n Nuwe era het aangebreek en Koppert is sedert Julie 2024 die trotse nuwe eienaars van Vitalbugs. Met voetspore reg oor die wêreld en wortels geanker in Suid-Afrikaanse grond is Koppert toegewyd tot die uitbou van plaaslike besigheid en landbou-kundigheid. Die oorname van Vitalbugs is ‘n groot stap om Koppert se visie te verwesenlik van gesonder, veiliger en meer produktiewe landbou vir die boere van Suider-Afrika. Ons sien uit om vir boere reg oor die kontinent te help om vennote met die natuur te wees en sodoende die menige voordele van biologiese beheer te ontsluit.